Verdagtes kort ná transito-rooftog vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Vyf verdagtes is vanoggend (Donderdag, 5 Junie) in hegtenis geneem kort nadat hulle na bewering by ’n transito-rooftog in Ekangala, Tshwane, betrokke was. Die polisie het een van die voertuie sowel as meer as ‘n honderd rondtes ammunisie teruggevind. Nog ses verdagtes word gesoek.

Lt.kol. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ’n BMW gebruik om die kontantwa van die pad af te stamp. Hulle het daarna die wa opgeblaas, ‘n onbekende bedrag geld gebuit en met verskillende voertuie gevlug. Polisiebeamptes van die Gauteng-hoofwegpatrollie het vinnig gereageer en twee van die voertuie, ’n silwer Mercedes Benz en ’n silwer Mazda CX3, opgemerk. ’n Hoëspoedjaagtog het gevolg. ‘n SKietery tussen die verdagtes en die polisie het op die N12-hoofweg ontstaan. Een van die voertuie is agternagesit, waarna die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die verdagtes het glo uit die voertuig gespring en, terwyl daar steeds op hulle geskiet is, het hulle in ‘n mielieland ingevlug.

Masondo sê die polisie is in die soektog na die verdagtes deur ‘n privaat veiligheidsmaatskappy bygestaan – totdat vyf van hulle vasgetrek is. Die polisie het verskeie rondtes ammunisie in die voertuig gevind. ‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die verdagtes op borgtog uit is nadat hulle na bewering transito-rooftogte in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo uitgevoer het.

Die soektog na die ander verdagtes duur voort. Diegene wat in hegtenis geneem is, sal Maandag op aanklagte wat insluit ‘n ransito-rooftog, poging tot moord en die besit van ammunisie in die landdroshof verskyn. Meer inhegtenisnemings kan volg.

“Die polisie se vinnige reaksie het gelei tot die inhegtenisnemings. Ons werk voort om die res van die groep op te spoor,” het Masondo gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief