Verdagtes met ‘Eskom-eiendom’ in hof

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Ses verdagtes is Sondag met beweerde gesteelde Eskom-eiendom met ‘n waarde van R1.5 m. in die polisiëringsgebiede van Empangeni en Mtunzini vasgetrek.

Kol. Robert Netshiunda sê polisiebeamptes van Operasie Vala Umgodi het inligting ingesamel oor verdagtes wat glo in besit van vermoedelik gesteelde eiendom is. Die huis in die Ngewelezane-gebied is takties benader, waarna vyf verdagtes met slimmeters, koper en nog items wat aan Eskom behoort in hegtenis geneem is. Die eiendom is glo op 17 Maart tydens ‘n sakeroof op ‘n perseel in Sabhuza-reservaat gebuit.

Tydens verdere ondersoek is ‘n sesde verdagte in die Manteneshana-gebied, in Makholokholo, met meer vermoedelike Eskom-eiendom gearresteer. Die sesde verdagte het glo ook ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in sy besit gehad.

Volgens Netshiunda het die verdagtes, wat die eiendom glo op 17 Maart tydens ‘n sakeroof op ‘n perseel in die Sabhuza-reservaat gebuit het, vandag in die Empangeni-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief