Verdagtes met sowat R1 m. se dagga vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Vyf verdagtes is Sondagaand deur Bloemfontein-blitspatrollielede op die N1 onderweg van Gauteng na Kaapstad met dagga ter waarde van ongeveer R1 m. vasgetrek.

Sers. Mahlomola Kareli sê inligting van die vragmotor is ontvang en dit is opgemerk waar dit net voor Edenburg geparkeer gestaan het. ‘n Wit VW Polo was langs die vragmotor parkeer. Tydens deursoeking is bokse Swati-dagga verpak in die sleepwa van die vragmotor gevind.

Kareli sê tydens die vragmotorbestuurder se arrestasie het die insittendes van die Polo ‘n som geld vir die polisie aangebied om die inhegtenisneming te keer. Die geld is oorhandig, waarna die verdagtes in hegtenis geneem is. Die geld is as bewysstukke by die polisie ingehandig.

Vyf verdagtes sal na verwagting binnekort vir handel in dagga en korrupsie in die Edenburg-landdroshof verskyn.

Foto’s: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief