Lees ook: Verdagtes in hegtenis geneem vir Lusikisiki-skietery
LUSIKISIKI. – Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het gesê die drie verdagtes wat op Lusikisiki in hegtenis geneem is, is nie gearresteer vir die massaskietery nie, maar vir ander misdrywe.
Hy het gesê hulle is wel persone van belang in die massaskietery waarin 18 mense oorlede is. Mchunu het die aankondiging oor die inhegtenisnemings tydens die gedenkdiens vir die slagoffers gemaak.
Die verdagtes sou gister in die hof verskyn het, maar die NVG het geen kennis gehad van die verdagtes wat moes verskyn nie en daar was geen saak op die rol nie. Volgens Mchunu sal die verdagtes Woensdag in die hof voorkom.
Bronne: Briefly, EWN, eNCA
Lees ook: Verdagtes in hegtenis geneem vir Lusikisiki-skietery





