Verdagtes van aanlyn bedrog tydens skietery deur polisie gewond

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Vyf verdagtes tussen 27 en 39, wat glo by aanlyn bedrog betrokke is, is Maandag in Midrand tydens ’n skietgeveg met die polisie gewond.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring daar is op die verdagtes se spoor gekom nadat ’n slagoffer, wat op 4 Augustus op ’n advertensie vir ’n Polo Vivo op Facebook gereageer het, geskiet, ontvoer en beroof is deur persone wat hy gedink het die verkopers van ‘n motor is.

Terwyl die saak ondersoek is, het die polisie inligting ontvang oor ’n ander man wat op dieselfde Facebook-advertensie gereageer het. Die polisie is Maandag saam met die voornemende koper om die sogenaamde verkopers in Midrand te ontmoet. Toe die verdagtes besef die polisie is saam met die koper, het hulle uit twee voertuie op die polisie begin skiet terwyl hulle weggejaag het. ’n Hoëspoedjaagtog en ‘n skietgeveg het ontstaan. Die voertuig van een van die verdagtes het gerol, waarna vyf verdagtes in hegtenis geneem is. Twee vuurwapens is in hul besit gevind.

’n Ondersoek is aan die gang om vas te stel of die verdagtes aan ander gevalle van aanlyn bedrog en rooftogte gekoppel kan word. Die polisie waarsku die gemeenskap om versigtig te wees wanneer op aanlyn advertensies gereageer word en beveel aan dat sulke transaksies by die naaste polisiekantoor afgehandel word.

Mavela bevestig die verdagtes sal Woensdag op aanklagte van poging tot moord, besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook sameswering om gewapende roof te pleeg, in die Midrand-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief