Verdagtes van gesondheidsdepartement vas vir ‘bedrog en diefstal’

Lees ook :

Foto: Nasionale Departement van Gesondheid

GAUTENG. – Drie verdagtes, verbonde aan die nasionale departement van gesondheid, is vanoggend (Maandag) met lasbriewe in hegtenis geneem vir bedrog en diefstal van meer as R1 miljoen in stryd met die wet op finansiële bestuur.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die verdagtes, onderskeidelik 67, 46 en 55 jaar oud, word daarvan beskuldig dat meer as R1 miljoen gedurende 2023 onwettig aan ’n diensverskaffer toegeken is. Een van die verdagtes se maatskappy is ook as vyfde regspersoon aangekla. ‘n Vierde verdagte, die diensverskaffer en haar maatskappy, is nog nie in hegtenis geneem nie. Die inhegtenisnemings volg op ’n ondersoek wat sedert April 2024 aan die gang is.

Die drie verdagtes behoort na verwagting binnekort in die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof te verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief