Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagtes van huisroof, ontvoering en moord gesoek

Verdagtes word gesoek na 'n man na bewering in sy huis besteel is, daarna ontvoer is en dood gevind is.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Mojakisane Lesoetsa (30) is na bewering deur verdagtes uit sy huis ontvoer, waarna sy liggaam die volgende dag met verskeie beserings op Virginia gevind is.

Volgens kapt. Stephen Thakeng het verdagtes by sy huis ingebreek en hom besteel, voordat hy glo in sy Volkswagen Polo ontvoer is. Sy voertuig is Saterdag uitgebrand in ‘n veld langs St. Helena-hospitaal in Welkom gevind. Lesoetsa se liggaam is daarna gevind.

Enigiemand met inligting kan speur.sers. Pitso Matsie by 071 062 7692 bel.