Verdagtes vas nadat seun aangerand, aan die brand gesteek is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Drie verdagtes het Vrydag op ‘n aanklag van moord in die Centane-landdroshof verskyn nadat ‘n 12-jarige seun wat hulle glo van diefstal beskuldig het, in ‘n hospitaal dood is nadat hy aangerand en aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorval het op 12 September by Nkondwane-lokasie plaasgevind. Die seun het glo saam met ander seuns sokker gespeel toe ‘n man hom gryp. Hy is geklap en geskop beskuldig dat hy geld gesteel het. Alhoewel die seuns geskok was oor die optrede, het die verdagte nog een van die seuns gegryp, ook beskuldig en aangerand.

Die seuns is na ‘n huis gedwing waar hulle aangerand en aan die brand gesteek is. Een seun kon die vuur blus en ontsnap, terwyl die ander een nie kon nie. Die seun is na Butterworth-hospitaal gehaas, waar hy aan sy beserings gesterf het.

Tydens die polisie se ondersoek is die verdagtes, tussen 30 en 41, in hegtenis geneem en het daarna vir moord in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief