Verdagtes vasgetrek wat polisiebeamptes aanval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Twee buitelandse verdagtes is in Elim Mpheni, Waterval, in hegtenis geneem nadat drie polisiekonstabels wat ’n verkragtingsverdagte agternagesit het, aangeval is.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die konstabels het die verkragtingsverdagte (34) wat gevlug het, agternagesit toe hulle deur ‘n groep buitelanders aangeval is. Die verkragtingsverdagte is in hegtnis geneem. Sy broer het intussen ander mense gemobiliseer en die polisie met klippe bestook. Een van die aanvallers het die vroulike konstabel aan die nek gegryp, haar gewurg en met ’n baksteen gedreig. Een van haar kollegas het ’n skoot afgevuur wat die aanvaller in die bo-lyf gewond het voordat hy in hegtenis geneem is. Hy word onder polisiebewaking in die hospitaal aangehou.

“Ons veroordeel die voorval waarin polisiebeamptes aangeval is terwyl hulle regmatig hul pligte uitgevoer het deur ’n verkragtingsverdagte in hegtenis te neem. Ons verwelkom ook die arrestasie van die twee verdagtes. Deeglike ondersoeke is aan die gang om die verdagte agter die aanval op die polisie op te spoor,” het lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Die verkragtingsverdagte verskyn Woensdag in die Waterval-landdroshof. Die tweede verdagte sal ook binnekort in dieselfde hof voorkom. Opod is ingelig en ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Die verdagtes staan op aanklagte van verkragting, aanranding op polisiebeamptes, opsetlike saakbeskadiging en verhindering van die uitvoering van polisiepligte tereg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief