Verdagtes vermoedelik by blouligrowe betrokke, vasgetrek

Lees ook :

Foto's: EMPD

GAUTENG. – Drie verdagtes wat vermoedelik by blouligrooftogte betrokke is, is Woensdagoggend in Brakpan in hegtenis geneem.

Volgens die Ekurhuleni-metropolisiedepartement (EMPD) het hulle en die Gauteng-verkeerspolisie omstreeks 07:50 twee verdagtes van 34 en 36 jaar, asook ‘n buitelandse burger (29), op die R23 gearresteer. Die verdagtes het ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook verkeers- en metropolisie-uniforms in hulle besit gehad.

Die Gauteng-verkeerspolisie het ‘n verdagte VW Polo met die drie insittendes opgemerk. Die voertuig is met die hulp van die EMPD gestop en deursoek. ‘n Ongelisensieerde Glock 45 met ‘n reeksnommer, ‘n lugpistool (pellet gun), twee elk glimbaadjies, broeke, hemde, pette van die EMPD, ‘n EMPD-gordel, ‘n paneelbord, blou lig, verkeerspolisieskryfbehoeftes, ‘n vuurbestande oorpak met ‘n oranje glimbaadjie, epoulette van die EMPD en Gauteng-verkeerspolisie, ‘n Gauteng-verkeerspolisiegordel, drie paar stewels en twee registrasieplate is tydens deursoeking gevind.

Die verdagtes kon nie ‘n rede vir die besit van die items gee nie en is dadelik in hegtenis geneem. Alle rolspelers is ontbied en die verdagtes is na die Brakpan-polisiestasie geneem.

Die drie verdagtes sal na verwagting binnekort in die Brakpan-landdroshof verskyn.

 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief