Verdagtes vir ‘onwettige voer van robbe’ in Houtbaai vasgetrek

Lees ook :

Foto: Die Kaap die Goeie Hoop DBV

WES-KAAP. – Drie verdagtes wat na bewering robbe onwettig by die Houtbaai-hawe voer en nog een wat die DBV in sy pligte verhinder het, is op 31 Oktober in hegtenis geneem. Die DBV waarsku oor strawwe en vra die publiek weereens om weens die gevaar van hondsdolheid van die robbe weg te bly.

Luidens ‘n verklaring van Die Kaap die Goeie Hoop DBV buit die onwettige voerders toeriste uit. Geld word glo gevra vir selfies met robbe en mense word aangemoedig om op die diere te sit, hulle te streel of aan te raak. Indien toeriste nie wil toegee nie, word hulle glo gedreig. Die gebruik het tot verskeie voorvalle van robbe wat menes byt, gelei.

Ná die inhegtenisnemings van die verdagtes is gevalle van hondsdolheid weer by die Kaapse pelsrobbe bevestig. Pieterse sê hulle span staan gereed om enige verslae van beseerde of moontlik besmette robbe in samewerking met die owerhede te hanteer.

Die DBV, die departement van bosbou, visserye en die omgewing, sowel as die Stad Kaapstad se wetstoepassing, het die inhegtenisnemings tydens ‘n gesamentlike operasie gemaak. Die Kaapse pelsrobbe word glo deur die onwettighede geteister. Hoofinspekteur Jaco Pieterse van die DBV het gemaan robbe is wilde diere en moenie vir foto’s gebruik word nie. “Wanneer jy ’n rob voer of aanraak, oortree jy die wet en stel jy mense en diere in gevaar.”

Die oortredings is in stryd met die wet op nasionale omgewingsbestuur: biodiversiteit, wat strawwe boetes en tronkstraf vir sulke dade voorskryf. Die DBV sê verdere operasies en patrollies sal gedurende die feesseisoen voortgaan.

Enigiemand wat deur ’n rob gebyt of gekrap word, moet die wond onmiddellik vir 15 minute met seep en water was, dringende mediese hulp soek en die voorval by die staatsveearts of CapeNature by 083 236 2924 of [email protected] aanmeld.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief