Verdagtes vir onwettige vuurwapenbesit in hegtenis

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ’n 50-jarige man en sy 40-jarige metgesel is in Thohoyandou vir die besit van nege onwettige vuurwapens en ammunisie tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie in hegtenis geneem.

Kol. Malesela Ledwaba sê die provinsiale ondersoekspan het Dinsdag inligting oor ’n verdagte voertuig met vuurwapens ontvang. Die voertuig is op die R524 opgemerk en het probeer wegkom, maar is by Tshikhudini-dorp tot stilstand gedwing. ’n 9 mm-pistool is in die voertuig gevind en die bestuurder is gearresteer. Verdere ondersoek het die polisie na die verdagte se huis gelei, waar nog agt vuurwapens ontdek en ‘n vroulike verdagte gearresteer is. Twee voertuie is saam met die vuurwapens gekonfiskeer.

Die verdagtes verskyn vandag op die aanklagte teen hulle in die Thohoyandou-landdroshof.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief