MPUMALANGA. – Agt verdagtes is Maandag op onder meer aanklagte van intimidasie en opsetlike saakbeskadiging op die plaas Taaiboschspruit, in Sheepmoor, buite Ermelo, gearresteer.
Kapt. Magonseni Nkosi sê die boer het die polisie met die klagtes genader.
Nkosi sê na bewering het gemeenskapslede sedert Julie aanhoudend die boer se heining beskadig, bome gebrand en normale plaaswerk ontwrig, wat tot ‘n verlies vir die boer gelei het.
Die verdagtes het Dinsdag in die hof verskyn.
“Die polisie kan nie die moontlikheid om nog aanklagte by te voeg, uitsluit nie.”





