Verdagtes wat glo 14-jarige ontvoer, gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Drie Burundiërs is onderskeidelik Sondag en Maandag gearresteer, nadat ‘n meisie (14) op 13 November by Samora Machel-polisiestasie as vermis aangemeld is.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê ‘n multidissiplinêre span het Sondag ‘n wenk opgevolg wat hulle ontvang het. Twee 30-jarige verdagtes is by ‘n huis in Visagiestraat, Parow, in hegtenis geneem. ‘n Derde verdagte is Maandag gearresteer. Die meisie is met haar familie herenig.

Die verdagtes verskyn vandag op ‘n aanklag van abduksie in die Wynberg-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief