Verdagtes wat kerk beroof, gesoek

Lees ook :

Identikits: SAPD

VRYSTAAT. – Beamptes van die NG-Kerk in Tumahole is Vrydag 20 Oktober 2024 deur verdagtes met ‘n vuurwapen en ‘n mes beroof. Die polisie het pas saamgestelde identikits van die gesoekte verdagtes vrygestel.

Sers. Josephine Rani sê die klaagster en die tesourier wou omstreeks 13:50 die kerkperseel verlaat toe die drie gewapende verdagtes hulle genader het. Hulle is beveel om op die stoep te lê, waarna hulle van R104 470 kontant beroof is. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug.

Enigiemand met relevante inligting tot die misdaad word gevra om speur. sers. André Jacobs by 082 465 3140 of 082 466 8099 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief