Lees ook: Selfoondata verbind verdagtes in Senzo Meyiwa-saak met mekaar
PRETORIA. – Die selfoondata-analiseerder, Gideon Gouws, het vroeër die week getuig die selfoondata van die verdagtes in die Senzo Meyiwa-saak wys hulle was in kontak met mekaar.
Hy het ook getuig verdagte 5, Fisokuhle Ntuli, was met Kelly Khumalo in kontak.
Daar was ook ‘n foto van ‘n vuurwapen op verdagte 2, Bongani Ntanzi, se foon wat van Facebook afgelaai is, asook ‘n foto van ‘n nuusartikel oor Meyiwa se saak.
Ntanzi se prokureur het Gouws oor die selfoondata ondervra. Die prokureur, Sipho Ramosepele, het gesê sy kliënt ontken dat hy die foto afgelaai het, want sy foon was in die polisie se besit.
Hy het gesê Ntanzi se fone is dadelik afgevat toe hy op 16 Junie 2020 in hegtenis geneem is en Ntanzi het dit nie weer gehad nie. Die foto van die vuurwapen is op 4 Januarie 2021 afgelaai.
Gouws het gesê hy kan nie kommentaar lewer op Ramosepele se bewerings nie.
Bronne: The Citizen, EWN, IOL
Lees ook: Selfoondata verbind verdagtes in Senzo Meyiwa-saak met mekaar





