VSA. – Die verhoor om Erik en Lyle Menendez te hervonnis sal volgende week Dinsdag en Woensdag plaasvind.
Lees ook: Menendez-broers kan voortgaan met poging tot vryheid
Die regter in die verhoor sal argumente aanhoor oor of Erik en Lyle Menendez gerehabiliteer is na 30 jaar in die tronk.
Die broers is in 1996 tot lewenslange tronkstraf sonder die kans vir parool gevonnis vir die moord op hulle ouers, Jose en Kitty Menendez. Die broers was 18 en 21 toe die moorde gepleeg is. Hulle prokureurs het gesê die broers het uit selfverdediging opgetree na jare se seksuele mishandeling deur hulle pa, terwyl aanklaers beweer het die broers het hulle ouers vir erfgeld doodgemaak.
Familielede van die broers het gesê hulle het Lyle en Erik vergewe en wil hê hulle moet vrygelaat word. As die broers hervonnis word, kan hulle dadelik om parool aansoek doen.
Bronne: The Independent, ABC News, New York Post
Lees ook: Menendez-broers kan voortgaan met poging tot vryheid





