LIMPOPO. – Zweli Sibanda (27), ‘n verhoorafwagtende, het Vrydag terwyl hy in die Nkowankowa-landdroshof op ‘n aanklag van huisbraak moes verskyn, uit aanhouding ontsnap.
Kol. Malesela Ledwaba sê die Ritavi-polisie het ‘n soektog na Sibanda geloods en lt.genl. Thembi Hadebe het beveel die soektog moet verskerp word.
Die omstandighede van die ontsnapping word ondersoek.
Enigiemand wat weet waar Sibanda hom bevind, word gevra om speur.sers. Lawrance Shikwanbana by 072 373 7399 te bel.





