Brekende Nuus
Afrikaans

Verkeersbeampte ernstig in ongeluk beseer

Foto: Kwazulu Private Ambulance Service
Foto: Kwazulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – ‘n Padverkeerinspektoraat-beampte (RTI) is Donderdagaand ernstig beseer op die N3-Marketpad toe sy werksvoertuig tussen twee vragmotors beland het terwyl hy aan diens was.

Craig Botha van Kwazulu Private Ambulance Service sê met aankoms op die toneel is paramedici begroet met een van hul eie mense wat beseer is. Die beampte was besig om aankomende verkeer oor ‘n vragmotor wat gebreek het in die stadige baan staan te waarsku. ‘n Tweede vragmotor het nie gestop nie en die RTI-voertuig tussen die twee vragmotors vasgedruk.

Die toneel is geassesseer en slegs die beampte wat in die wrak vasgekeer was, het ernstige beserings opgedoen. Paramedici en Pietermaritzburg-brandweer het saamgewerk om die beampte te stabiliseer en uit die wrak te bevry.

Die beampte is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

“Ons herinner die publiek om stadiger te ry, volgafstand te vergroot en bedagsaam te bestuur wanneer tonele genader word waar noodvoertuie noodwaarskuwingsligte het wat flikker.”