VATIKAAN. – Kardinale is tans besig om voor te berei vir die verkiesing van die 267ste pous.
Lees ook: Kardinale berei voor vir môre se verkiesing van nuwe pous
Al die kardinale sal eers deelneem aan ’n kerkdiens in die St Peter-basilika waar hulle bid vir wysheid, raad en die verstand om die regte pous te verkies.
Vanmiddag sal die kardinale dan in ’n prosessie reis na die Sixtynse Kapel waar die konklaaf sal plaasvind. Die media is reeds uitgesluit van die Vatikaan om te verseker dat die stemmery in die geheim plaasvind. Die kardinale sal ook hulle selfone oorhandig en daar is geen internettoegang nie, om geheimhouding te verseker.
Volgens die Vatikaan sal rook die volgende paar dae by die skoorsteen van die Kapel uitkom ná ‘n stemrondte om te wys of ’n nuwe pous gekies is. Swart rook beteken geen pous is nog verkies nie en wit rook met ’n klok wat lui, beteken ’n nuwe pous is verkies. Kardinale mag nie die konklaaf verlaat alvorens ‘n nuwe pous verkies is nie.
Bronne: BBC, The Independent, US News
Lees ook: Kardinale berei voor vir môre se verkiesing van nuwe pous





