Verkoolde liggaamlike oorblyfsels in uitgebrande voertuig gevind

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Onherkenbare verkoolde liggaam is Woensdagoggend vroeg op die M27 naby Waterloo in ‘n uitgebrande Audi TT gevind.

Reaction Unit South Africa sê Tashil Beemson (26), aan wie die Audi TT behoort het, het na bewering Woensdag net na middernag sy huis in Trenance Manor in Phoenix verlaat om eetgoed by ‘n vulstasie te gaan koop. Enkele ure later is sy uitgebrande voertuig gevind.

‘n Liggaam wat onherkenbaar verbrand was, was in die uitgebrande motor. DNS-toetsing sal gedoen word om die identiteit van die liggaam te bevestig.

Omstandighede wat tot die igebeure gelei het, word ondersoek.

Enigiemand met inligting van die voorval word versoek om Reacion Unit South Africa by 086 1234 333 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief