‘n Man wat Saterdagoggend in die vroeë oggendure in ‘n muur vasgery het, het homself vermoedelik in die motor doodgeskiet.
Volgens kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het Donavan Claassen omstreeks 03:25 met sy Ford Ranger-bakkie in ‘n muur vasgery.
“Terwyl die polisie met lede van die sekerheidsdienste, wat op die toneel was, gesels het, het hulle ‘n skoot gehoor.”
Claassen is met ‘n kopwond in die bakkie gevind.
Hy is op die toneel dood verklaar.
Claassen is van De Aar, maar was vir werk in Potchefstroom toe die voorval gebeur het.





