Vermeende bendelid op parool in hof oor moorde

Lees ook :

Foto: Valke

GAUTENG. – Reagan Cheslin Collis (23) het Woensdag in die Boksburg-landdroshof verskyn. Die aanklagte teen hom wissel van vier moorde, ’n poging tot moord, twee van roof met verswarende omstandighede, asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Collis was volgens die ondersoekspan reeds op borgtog uit en het verskeie hangende sake teen hom.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê Collis is ná ’n multidissiplinêre opsporingsoperasie in hegtenis geneem, nadat twee R5-gewere die afgelope naweek by die KwaDukathole- informele nedersetting in Germiston gevind is. Hy word daarvan beskuldig dat hy betrokke was by die dood van twee polisiebeamptes van die teen-bende-eenheid, konstabels Tlomatsana en Sibeko, asook twee burgerlike vroue.

Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 25 Augustus uitgestel. Ondersoeke duur voort en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief