Bendelid wat op parool was, vasgetrek ná moorde

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ’n Bekende bendelid wat ten tyde van sy inhegtenisneming op parool was en reeds verskeie ernstige sake in die hof het, is in verband met die moorde op twee polisiebeamptes en twee vroue in Reigerpark vasgetrek.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die verdagte is Sondag vir ondervraging ingeneem nadat ’n multidissiplinêre polisie-operasie ’n deurbraak gemaak het. Twee R5-gewere wat aan die polisie behoort, is tydens die operasie by die KwaDukathole- informele nedersetting in Germiston teruggevind.

Die verdagte was volgens die polisie op parool en het verskeie uitstaande sake wat nog voor die hof dien. Dit sluit twee moordaanklagte, twee aanklagte van poging tot moord en ’n aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen in. Die ondersoekspan het die afgelope naweek gewerk om die persone op te spoor wat na bewering betrokke is by die moorde op konstabels Tlomatsana en Sibeko van die polisie se teen-bende-eenheid in Gauteng, asook twee vroue.

Die ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief