Vermeende dwelmhandelaar met ‘vuurwapens, dwelms en ammunisie’ betrap

Lees ook :

Foto’s in berig.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte (26) is Dinsdag met agt vuurwapens, vyf skokgranate, ammunisie van verskeie kalibers, pantserdeurdringende ammunisie, dwelmvervaardigingsmasjiene en verskillende soorte dwelms in Westham, Phoenix, gearresteer.

Kol. Robert Netshiunda sê inligting van ‘n verdagte met ‘n vuurwapen in elkeen van sy voertuie is ontvang. ‘n Operasie is geloods, waartydens die verdagte glo probeer vlug en gearresteer is. ‘n Vuurwapen en dwelms is in sy besit gevind. Met deursoeking van sy woonstel is op nog twee haelgewere afgekom. Nog vyf vuurwapens is in elkeen van die verdagte se vyf voertuie gevind.

Teen gistermiddag is deur steeds gepoog om die verdagte se luukse- gepantserde sportnutsvoertuig oop te breek. Een van die pistole, R5-ammunisie, haelgeweerrondtes en vermoedelik ook die skokgranate behoort aan die polisie. Ondersoek word gedoen om die oorsprong van die items vas te stel.

Die verdagte is volgens vermoede betrokke by “dwelmgebied-oorlog”, verbyry-skietery en ander dwelmverwante kriminele aktiwiteite.

Hy sal binnekort in die hof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief