Vermeende gewapende rower verdrink in see

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GQEBERHA. – ‘n Verdagte wat van ‘n gewapende roof beskuldig is, het gisteraand in die see by Humewood verdrink terwyl hy glo arrestasie probeer ontwyk het.

Kapt. André Beetge sê na bewering is ‘n klaer (36) omstreeks 20:30 deur twee gewapende verdagtes in Beachweg in Brookes Hill van ‘n selfoon beroof. Die verdagtes het gevlug, maar is deur metropolisiebeamptes opgemerk en gejaag. ‘n Verdagte (39) is in hegtenis geneem, maar sy makker het glo ‘n vuurwapen neergegeooi en oor die pad na die strand gehardloop. Om van wetstoepassers te ontsnap, het die verdagte die see ingehardloop en glo agter rotse weggekruip. Met rowwe seetoestande kon die polisie se soek-en-reddingseenheid en die duikeenheid hom nie bereik nie.

Die liggaam van die verdagte het vanoggend op King’s Beach uitgespoel.

‘n Selfoon is by hom teruggekry en die replika van ‘n vuurwapen is gekonfiskeer. Die gearresteerde verdagte word op ‘n aangklag van gewapende roof aangehou.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief