Vermeende huisrowers wat glo bejaarde vasbind en beroof, gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Twee verdagtes wat ‘n bejaarde man glo Maandagaand by sy huis aangehou, vasgebind, met ‘n vuurwapen gedreig en besteel het, is in hegtenis geneem. ‘n Derde verdagte is op vrye voet.

Kapt. Johan van Dyk sê verdagtes in ‘n bakkie is Dinsdag omstreeks 00:30 aangemeld wat na bewering ‘n voertuig in Union-rylaan probeer steel het. Veiligheidsbeamptes het die bakkie sonder hoofligte opgemerk, waarna dit in Botha-rylaan gestop is. Die polisie, GPF en plaaslike veiligheidsmaatskappye was vinnig op die toneel. Twee verdagtes is gearresteer en een het gevlug.

Tydens deursoeking is ‘n ongelisensieerde vuurwapen in die bestuurder van die bakkie se besit gevind is. Die bakkie is glo Maandagaand tydens die huisroof van die bejaarde man, saam met ‘n televisie en ander waardevolle items, gesteel.

Van Dyk sê die sukses is aan die samewerking tussen die SAPD en E2 Security Partners, sowel as GPF-lede te danke. Die veiligheidspersoneel en GPF-lede is vir hulle aandeel in die sukses bedank, terwyl brig. Moses Dladla, die waarnemende distrikskommissaris, die samewerking geprys het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief