Vermeende inbreker deur inwoner in been geskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vermeende inbreker is vanoggend op heter daad betrap en deur ‘n inwoner van Tongaat in die been geskiet. Hy het glo saam met nog ‘n verdagte by ‘n woonstel probeer inbreek.

Reaction Unit South Africa sê oproepe oor ‘n skietery is ontvang.

Met aankoms op die toneel is die verdagte met ‘n skietwond in die linkerbeen en ‘n gebreekte regterfemur aangetref.

Volgens inwoners het twee verdagtes toegang tot ‘n perseel in Pleinstraat verkry. Hulle was besig om ‘n venster oop te forseer toe ‘n inwoner hulle konfronteer. Toe die verdagtes ‘n mes te voorskyn bring, het die inwoner ‘n skoot geskiet en die verdagte in die been getref. Die verdagte het oor ‘n muur gespring, geval en sy ander been gebreek. Die beseerde verdagte is in hegtenis geneem.

Rusa-beamptes sê ‘n mes en skroewedraaier is op die toneel gevind.

Die ander verdagte het daarin geslaag om te voet te vlug.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief