Vermeende moordenaar Agnes Setshwantsho weer in die hof

Lees ook :

Vermeende moordenaar Agnes Setshwantsho weer in die hof
Vermeende moordenaar Agnes Setshwantsho weer in die hof fotokrediet: X

Lees ook: Saak teen Agnes Setshwantsho uitgestel

MAHIKENG. – Agnes Setshwantsho, wat beskuldig word van die moord op haar niggie en haar seun vir lewensversekeringsgeld, was die week weer in die Molopo-landdroshof in Mahikeng.

Sy word aangekla van bedrog, moord en regsverydeling. Die liggaam van haar man, Justice Setshwantsho, is ook in Maart opgegrawe vir ’n nadoodse ondersoek.

Haar verdediging het gesê die staat gebruik uitsteltaktiek om die saak onnodig uit te rek. Dit volg na die saak tot 27 Junie uitgestel is om die aanklagtes teen haar te sentraliseer. Sy is in die Noord-Kaap aangekla van die moord op haar seun Kutlo en in die Noord-Wes van die moord op haar niggie Bonolo.

Die staat wil die aanklagtes teen haar sentraliseer sodat haar verhoor in een hof plaasvind. Hulle het een maand om die saak te sentraliseer voor dit na die Noord-Wes hooggeregshof geskuif word.

Setshwantsho se verdediging het gesê die staat probeer die verhoor uitrek en het ook beweer sy is in die tronk aangeval, maar is nie mediese sorg aangebied nie.

Die landdros het beveel dat Setshwantsho mediese hulp kry, maar sy bly in aanhouding.

Bronne: SABC, The Citizen, The Africa

Lees ook: Saak teen Agnes Setshwantsho uitgestel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief