Vermeende rower in huis doodgeskiet

Lees ook :

Fotokrediet Canva

‘n Vermeende rower, wat gisteraand om ongeveer 20:00 saam met nog ‘n makker ‘n huis in Selcourt in Springs aan die Oos-Rand binnegedring het, is doodgeskiet.

Na bewering het ‘n man wat saam met sy vrou, seun en kleinkind in ‘n huis woon, gesien dat ‘n hek buite oop is. Hy het uitgegaan om die hek toe te maak en met dié wat hy na die huis teruggekeer het, is hy deur die verdagtes ingewag en oor die kop geslaan. Hy en sy vrou is verder deur die verdagtes binne die huis aangerand. Tydens die voorval het die man twee skietwonde opgedoen.

Sy seun, wat saam met sy kind in ‘n kamer geslaap het, het die geraas gehoor. Hy het besef wat aan die gang is en die kamerdeur toegeskop, aangesien die aanvallers reeds in die gang was. ‘n Oor-en-weer-skietery het deur die deur plaasgevind, waartydens een van die rowers doodgeskiet het.

Die seun se pa, wat skietwonde opgedoen het, is geopereer. Hy is in ‘n bevredigende toestand en behoort binnekort tuis te wees.

Barend van Heerden, GPF-voorsitter Springs, het inwoners gewaarsku dat die tweede verdagte, wat gewapen was, weggekom het en vra dat enige persoon wat die verdagte, met moontlike beserings, opmerk, hom nie moet konfronteer nie, maar dadelik met owerhede moet kontak maak by 011 3655700/19/20 of 10111.

Eugene Fraser, voorsitter van die GPF sektor twee Springs, het inwoners gemaan om nie net goedsmoeds uit hul huise te gaan as hulle onraad vermoed nie, maar eerder die GPF in die omgewing vir hulp moet kontak. Die gesin word deur beraders bygestaan.

FiND iT Nuus het vir polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief