Vermeende transitorowers loop hul rieme styf

Lees ook :

Foto SAPD

Vier vermeende transitorowers het gister in Brits, Noordwes-provinsie in ‘n kontantwa vasgery en dit opgeblaas. Hulle is daarna in hegtenis geneem en die kontant is teruggekry.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê twee sekuriteitsbeamptes is in die voorval raakgeskiet en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Die verdagtes het na bewering met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.

Brits se Trio-taakspan en Misdaadintelleginsie het dadelik reageer en het vier vermeende verdagtes op die R511, waar hulle in ‘n Hyandai H1-motor gery het, opgespoor. ‘n Oor-en-weer-skietery het glo plaasgevind waarna die vier vermeende verdagtes in hegtenis geneem is.

Hulle is glo in besit van die onbekende bedrag geld betrap.

Die vier vermeende verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal. Hulle word aangekla van poging tot moord, besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die besit van gesteelde eiendom.

Die polisie is steeds besig met ‘n ondersoek na meer verdagtes wat aan die misdaad gekoppel kan word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief