Vermiste baba van 21 mnde. dood gevind

Lees ook :

Fotokrediet SAPD

Motheo Rashilo, die 21 maande oue baba, wat as vermis aangemeld was, is Woensdag 2 November om ongeveer 16:00 dood in bosse naby die Málatane Village in Limpopo gekry. Sy is vir die laaste keer deur haar ma op Vrydag 28 Oktober om ongeveer 09:00 lewend gesien.

Lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê die ma van die baba het haar na bewering in ‘n vriendin se sorg gelaat. Met haar terugkeer is sy glo ingelig dat haar baba vermis is.

Sy het haar vermiste baba by die Lebowakgomo-polisiestasie rapporteer. Die polisie het ‘n soektog gelei totdat die baba se liggaam Woensdag in die bosse gekry is.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Die oorsaak van dood en hoe haar liggaam in die bosse geëindig het, word ondersoek.

Polisie versoek enigiemand met inligting aangaande die baba se verdwyning en haar moord om kontak te maak met s/sers, Michael Magadani by 072 029 7499.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief