Lees ook: Israel woedend na Europese lande Palestina as staat erken
EVEREST. – ‘n Keniaanse man wat naby die toppunt van Everest vermis geraak het, is dood gevind.
Joshua Cheruiyot Kirui (40) en sy Nepalese gids, bekend as Nawang Sherpa (44), het gister vermis geraak na hulle Everest sonder ekstra suurstof uitgeklim het.
Die sjerpa het glo in sy laaste boodskap aan die kamp gesê Kirui het “vreemd opgetree” en geweier om terug te gaan na die kamp en om ekstra suurstof te gebruik.
Die kamp het kort daarna kontak met die paar verloor.
Die sjerpa se liggaam is nog nie gevind nie.
Kirui is die vierde persoon wat die week op Everest dood is. ‘n Romeense klimmer en ‘n Britse klimmer met sy gids is Dinsdag dood aangetref.
Bronne: BBC, All Africa, The Kenya Times
Lees ook: Israel woedend na Europese lande Palestina as staat erken





