Brekende Nuus
Afrikaans

Vermiste kleuter veilig in huis gevind

'n Vermiste kleuter is Saterdagaand veilig in 'n huis opgespoor.

Vermiste kleuter veilig in 'n huis opgespoor
Foto: IPSS Search & Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleuter (2) wat Saterdagmiddag in Groutville vermis geraak het, is Saterdagaand veilig in ‘n huis in dieselfde area opgespoor.

IPSS Search & Rescue sê inligting van ‘n vermiste kleuter is ontvang, waarna eenhede onmiddellik ontplooi is om saam met die polisie en gemeenskapslede aan ‘n soektog deel te neem.

Speurders van die polisie se kinderbeskermingseenheid en lede van IPSS Search & Rescue het inligting opgevolg, waarna die kleuter veilig in ‘n huis aangetref is.

Die saak word verder deur speurders ondersoek.

Gemeenskapslede, plaaslike raadslede en polisie is vir die samewerking om die kleuter veilig te vind, bedank.

Bron: IPSS Search & Rescue