Vermiste man dood gevind

Lees ook :

Foto: Renegades Search and Rescue

Frederick Lourens Slabberts (29) wat op 24 Februarie 2023 in Germiston vermis geraak het, is dood gevind.

Hy het na bewering in ‘n taxi in Germiston onderweg na South Hills geklim. Dit is onbekend wat daarna met hom gebeur het.

Loraine Slabberts, sy ma, het almal bedank en gesê dat hy gevind is: “Freddie sou dit so waardeer, mense wat omgee.”

Sy het video’s met foto’s gemaak waarin sy die volgende sê:

“Freddie, jy los ‘n leë plek in mamma se hart, maar jy is nou een van die Hemel se mooiste Engele. Jy was vir my geleen vir 29 jaar, maar dit was jou tyd. En Hy het jou huis toe geroep. Mamma en jou boetie gaan jou so baie mis, my boy, maar tot ons mekaar weer sien my seun. Jy sal altyd in ons harte wees. Mamma is so lief vir jou. Frederick Lourens Slabberts 31/7/93 – Maart 2023.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief