Vermiste meisie (12) vermoor in bosse gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die liggaam van ‘n 12-jarige meisie is Maandag in bosse naby ‘n plaas gevind nadat sy Sondag vermis geraak het. Die meisie het groente in die Ha-Ravele-woonbuurt verkoop en het nie teruggekeer huis toe nie.

Kol. Malesela Ledwaba het bevestig dat die meisie se familie haar Sondag as vermis aangemeld het nadat hulle haar nie kon opspoor nie.

“Ongelukkig is haar halfnaakte liggaam Maandag in die bosse gevind. Aanvanklike tekens dui daarop dat sy moontlik verwurg is,” het hy bygevoeg. Haar klere en die groente wat sy verkoop het, is ook op die toneel aangetref.

Die polisie het ‘n soektog geloods om die skuldiges op te spoor. Voorlopige ondersoek dui aan die meisie is laas saam met ‘n man gesien waar hulle in die rigting van die woonbuurt gestap het.

“’n Saak van moord is geopen en verdere ondersoeke, insluitend ‘n moontlike aanklag van verkragting, sal volg hangende die uitslae van die nadoodse ondersoek,” het Ledwaba verduidelik.

Enigiemand met inligting van die misdaad word gevra om sers. Romeo Mbelengwa by 072 981 7722 of 082 3199 597 te bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App