WELKOM, VRYSTAAT. – Thato Tumahole (19) is nog nie weer gesien nadat sy op 10 Mei die huis verlaat het om na vriende te gaan nie.
Kapt. Stephen Thakeng sê haar ma het haar teen 18:00 by die vriende gesoek, maar sy was nie daar nie. Haar kêrel het gesê hy het haar wel vroeër die dag gesien. Sy is as vermis by die polisie aangemeld.
Na ‘n deeglike ondersoek is die kêrel op 16 Mei op ‘n aanklag van ontvoering in hegtenis geneem. Hy het op 20 Mei in die Welkom-landdroshof verskyn. Die saak is tot 27 Mei vir ‘n formele borgaansoek uitgestel. Tumahole word steeds gesoek. Die polisie neem kennis van inligting wat op sosiale media gedeel word.
“Ons kan nie bewerings bevestig of ontken dat Thato Tumahole oorlede is nie.”
Enigiemand met inligting oor Tumahole word gevra om speur.sers. Fanisile Kojane by 060 985 9330 te bel.





