MPUMALANGA. – Twee minderjarige kinders, onderskeidelik 7 en 9 jaar oud, het Saterdag van hul huis in Vosman, naby Witbank (Emalahleni) vermis geraak. Hulle is Sondag gevind; albei is glo verkrag.
Kol. Donald Mdhluli sê die kinders het by hulle huis gespeel, maar toe hulle ouers hulle soek, was hulle weg. Die polisie is ontbied en die kinders is as vermis aangemeld. Phola-polisiestasie het Sondag inligting ontvang beide die kinders is gevind; beide verkrag.
Mdhluli sê die meisies is na ‘n nag van beweerde aanhouding en verkragting op straat deur ‘n weldoener gevind waar die onbekende verdagte(s) hulle gelaat het. Hulle moes na hulleself omsien en hulle weg huis toe vind. Mdhluli sê die voorval het die gemeenskap geskok.
GKS sal die sake ondersoek. Enigiemand met inligting word gevra om sers. Zinhle Mathenjwa by 072 792 0691 te bel.





