Brekende Nuus
Afrikaans

Israel maak grens oop vir hulp aan Gaza

Netanyahu het gesê die hulp sal ’n humanitêre krisis voorkom en is “noodsaaklik om seker te maak die gevegte kan aangaan en die doel van die oorlog kan bereik word”.

Israel maak grens oop vir hulp aan Gaza
fotokrediet: Canva
Israel maak grens oop vir hulp aan Gaza fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran gaan Israel dagvaar oor aanval op konsulaat

GAZA. – Israel het gesê dit sal “tydelik” die Erez-grens vir noodleniging in Gaza oopmaak ná druk deur die VSA. Die grens is gesluit na die aanval op Israel deur Hamas.

Hulpverlening wat op pad is na Gaza sal deur die hawe van Ashdod toegelaat word.

Netanyahu het gesê die hulp sal ’n humanitêre krisis voorkom en is “noodsaaklik om seker te maak die gevegte kan aangaan en die doel van die oorlog kan bereik word”.

Dit volg slegs ’n paar dae na sewe noodhulpwerkers wat kos afgelewer het, in ‘n Israelse lugaanval gedood is. Een van hulle was ’n Kanadees-Amerikaanse burger.

Bronne: DW, AP News, The Washington Post

Lees ook: Iran gaan Israel dagvaar oor aanval op konsulaat