Vermiste onderwyseres vermoor gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Onderwyseres verbonde aan Hoërskool Thuto-Lore in Sharpeville se liggaam is Saterdag gevind nadat sy grusaam vermoor is.

Steve Mabona sê volgens inligting het die onderwyseres nie Donderdag vir werk opgedaag nie en is Vrydag as vermis aangemeld.

Haar lewelose liggaam is Saterdag by die Dlomodam naby haar huis gevind.

Die polisie ondersoek haar dood.

Die departement ondersteun die skool met ‘n psigososiale ondersteuningseenheid.

“It is truly heartbreaking that another female educator from the same school was brutally murdered. This raises serious concerns around the safety of female educators in the community. We plead with law enforcement agencies to act swiftly in apprehending the suspects, and we also convey our sincerest condolences to the school and bereaved family,” sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief