KWAZULU-NATAL. – ‘n Vermiste tienerseun (16) wat Donderdag omstreeks 14:00 in die Hlathikhulu-area vermis geraak het is Sondag aan die voet van ‘n krans gevind.
IPSS Search & Rescue het Sondag saam met die gemeenskap, onder leiding van Nduna Mbanjwa en K9 Saints, met die hulp van twee honde en ‘n hommeltuig na na die tiener gesoek.
K9 Ragnar en sy hanteerder, Musa van K9 Saints, het op die liggaam van die tiener in digte bosse afgekom.
Die oorsaak van die oorledene se dood sal deel van ‘n polisie-ondersoek vorm.
Bron: IPSS Search & Rescue
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





