Vermiste tienermeisie dood aangetref in schack

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Meisie (17) wat sedert 23 Mei vermis is, is Woensdag dood en in ‘n gevorderde stadium van ontbinding in ‘n shack in Kinross aangetref. Dié blyplek word glo met haar stiefpa verbind.

Lt.kol. Jabu Ndubane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het ‘n versoek gekry om die betrokke schack te deursoek. Die deure was gesluit en daar was tralies voor die vensters. Die polisie het gedwonge toegang verkry, waarna die naakte liggaam van ’n jong vrou, vermoedelik die vermiste tiener, in ’n half-ontbinde toestand op ’n bed onder komberse gevind is. Sy het sigbare kopbeserings gehad, wat onder meer ‘n diep wond en ‘n vergruisde voorkop ingesluit het. Daar word vermoed dat sy verkrag en daarna vermoor is. ’n Bloedbevlekte bobbejaan-moersleutel is langs die bed gevind, wat vermoedelik in die moord gebruik is.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die slagoffer en die stiefpa onlangs stry gekry het omdat hy die schack wou verkoop wat vroeër aan haar oorlede ma behoort het. Die tiener het glo beswaar gemaak omdat haar jonger sibbe later ’n blyplek sou benodig.

In ‘n ander voorval is ‘n vriendin (34) van die stiefpa op 23 Mei in Kinross vermoor.

Die stiefpa word tans as verdagte in twee moord-sake aangehou.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief