WES-KAAP. – Die liggaam van Rika Norris (60) van Somerset-Wes, wat op 23 Mei tydens ’n wandeling op ’n plaas vermis geraak het, is Saterdagoggend in die Helderberg-natuurreservaat gevind. Norris se hond, wat saam met haar gaan stap het, het agt dae later sonder haar by die huis opgedaag.
Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê lede van die Bergklub van Suid-Afrika het kort ná 09:00 op 15 Augustus op die liggaam van ’n 60-jarige vrou afgekom. Die Somerset-Wes-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geregistreer. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel.
Lees meer hier onder:





