Verpleegster derde keer aangekeer vir babasterftes

Lees ook :

Lucy Letby (30), ’n Britse verpleegster, is vandeesweek vir ’n derde keer in hegtenis geneem in verband met verskeie babasterftes by ’n hospitaal in Engeland.

Sy word op agte aanklagte van moord en tien van poging tot moord aangekla.

Volgens The Sun het die sterftes in 2015 begin en is Letby in 2018 en 2019 in hegtenis geneem, maar al twee kere op borgtog vrygelaat terwyl die ondersoek nog aan die gang was. Verdere ondersoeke het daartoe gelei dat sy Dinsdag vir ’n derde keer in hegtenis geneem is.

Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat die hospitaal kommer uitgespreek het oor die hoë aantal sterftes tussen Maart 2015 en Julie 2016 – wat glo 10 persent bo die gemiddelde was.

Daar kon geen rede vir die babas se sterftes vasgestel word nie, buiten ongewone vlekke op hul arms en bene.

Lees meer artikels hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief