AUSTRALIЁ. – ‘n Nuwe wet is in Australië ingestel wat verpligte tronkstraf oplê aan iemand wat haatsimbole gebruik, insluitend die Nazi-saluut, en wat aan terrorisme verbind is.
Lees ook: Trump teken bevel wat transgendermeisies en -vroue van vrouesport verban
Dit volg na verskeie anti-semitiese aanvalle sedert Desember in die land, insluitend die brandstigting by ‘n sinagoge en ‘n Joodse skool.
Enige persoon wat haatsimbole gebruik of ‘n Nazi-saluut gee, kan tronkstraf van minstens ‘n jaar kry. Die finansiering van terrorisme kan tot drie jaar tronkstraf lei en iemand wat terroristedade beplan of uitvoer, kan tot ses jaar tronkstraf opgelê word.
Bronne: BBC, DW, CNN
Lees ook: Trump teken bevel wat transgendermeisies en -vroue van vrouesport verban





