Brekende Nuus
Afrikaans

Verskeie mense beseer ná 7.5-aardbewing in Japan

Verskeie mense beseer ná 7.5 aardbewing in Japan

fotokrediet: Canva
Verskeie mense beseer ná 7.5 aardbewing in Japan fotokrediet: Canva

JAPAN. – 33 mense is beseer ná ‘n aardbewing van 7.5 op die Richterskaal Japan gisteraand getref het.

Lees ook: Aardbewing van 6.9 tref Japan

Die aardbewing het met ‘n diepte van 50 km naby die Aomori-streek getref. ‘n Tsoenami-waarskuwing is uitgereik terwyl golwe van 70 cm naby Aomori gesien is en golwe van 50 cm in ander gebiede. Die tsoenami-waarskuwing is intussen teruggetrek.

Omtrent 90 000 inwoners is beveel om te ontruim.

Verskeie wonings sit sonder krag, terwyl ‘n waarskuwing oor naskokke uitgereik is.

Bronne: BBC, Sky News, PBS

Lees ook: Aardbewing van 6.9 tref Japan