VK. – 21 mense, insluitend ‘n 3-jarige kind, moes gister behandeling ontvang nadat hulle in ‘n hysbak met pepersproei in aanraking gekom het toe vier verdagtes ‘n vrou se tas op die Heathrow-lughawe probeer steel het. Vyf mense moes na ‘n hospitaal geneem word.
Lees ook: 18 dood nadat boot met migrante omslaan
Die metropolisie het gesê vier verdagtes het die sproei in die hysbak van ‘n parkeergarage gespuit toe hulle ‘n vrou se tas gesteel het.
Een verdagte (31) is vir aanranding in hegtenis geneem, terwyl nog na die ander gesoek word.
Die polisie het gesê die mense betrokke by die voorval ken waarskynlik mekaar en dat die saak ondersoek word.
Bronne: BBC, The Independent, Sky News
Lees ook: 18 dood nadat boot met migrante omslaan





