Verskeie mense dood in vliegtuigongeluk, agt beseer

Lees ook :

Verskeie mense dood tydens vliegtuigongeluk, agt beseer fotokrediet: X

SAN DIEGO, VSA. – Verskeie mense is gister dood en agt is beseer toe ‘n Cessna 550 in San Diego neergestort het.

Lees ook: Ses dood in New York-vliegtuigongeluk

Dave Shapiro, ’n prominente musiekagent, is een van die oorledenes. Daniel Williams, die voormalige dromspeler van The Devil Wears Prada was glo ook op die vliegtuig. Federale owerhede het gesê die aanname is dat al ses persone in die vliegtuig omgekom het. Die persone wat beseer is, was op die grond.

’n Cessna 550 het naby die Mongomery-Gibbs Executive-lughawe in ’n buurt geval en verskeie huise en voertuie beskadig. Sowat 15 huise en verskeie voertuie het aan die brand geraak en lekkende brandstof van die wrak is steeds ’n gevaar.

Sowat 100 persone moes ná die ongeluk uit die buurt ontruim word. Reddingswerkers is steeds op soek na beseerdes.

Die Nasionale Raad vir Vervoer en Veiligheid en die Federale Lugvaartadministrasie is besig om die ongeluk te ondersoek.

Bronne: The Independent, BBC, USA Today

Lees ook: Ses dood in New York-vliegtuigongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief