OEKRAINE. – Drie mense, insluitend ‘n 4-jarige kind, is in Russiese oornagaanval op Oekraïne oorlede. Vyf mense is in die aanvalle beseer.
Lees ook: Russiese oornagaanval op Oekraïne dood 4
Die Oekraïense president, Wolodomir Zelenski, het gesê 600 hommeltuie en 30 vuurpyle is in die aanvalle gebruik. Hy het beweer Rusland gaan moontlik massiewe aanvalle vandag, môre en Kersdag uitvoer.
Oekraïne het ook ‘n oornagaanval op Rusland uitgevoer, wat ‘n petrochemiese aanleg in Stavropol getref het. Niemand is in die aanval beseer nie en geen residensiële geboue is beskadig nie.
Bronne: BBC, The Irish Times, The Independent
Lees ook: Russiese oornagaanval op Oekraïne dood 4





