VANCOUVER. – Verskeie mense is gister (Saterdag) dood en verskeie mense is beseer na ’n voertuig tydens ’n straatfees in Vancouver in die skare ingeploeg het .
Lees ook: 20 beseer in aardbewing in Ecuador
Dit is onbekend hoeveel mense oorlede is en hoeveel beseer is.
Die bestuurder van die swart SUV wat in die voetgangers ingery het, is op die toneel in hegtenis geneem. Die Lapu Lapu-fees vier die Filippynse kultuur in die suide van Vancouver.
Dit is onbekend hoekom die bestuurder in die skare ingeploeg het.
Die voorval het slegs twee dae voor Kanada se parlementêre verkiesing plaasgevind.
Bronne: DW – South Africa, BBC, NBC News
Lees ook: 20 beseer in aardbewing in Ecuador





